top of page

Wie is Ons?

Agtergrond:
Tradisionele Boeredanse is so oud soos die Boere Afrikaner self.  Danse is aanvanklik slegs in koningshuise gesien, nl. hofdanse. Die adel het gedans om die koning te vermaak. Dit was statige rustige danse. Komponiste se musiek moes hierby aanpas. Leermeesters het ontstaan en die howelinge is afgerig om met presiesie die passies uit te voer. Almal moes op dieselfde tyd dieselfde passies maak. Later het die konings gewaag om saam te dans en agtergekom hoe lekker dit is. Heel wat later het die sogenaamde gepeupel ook begin dans, maar ‘n bietjie vryer en minder statig. Die vrye sosiale dansvorm wat ons vandag op die meeste dansgeleenthede sien, het eers in die twintigste eeu werklik beslag gekry. Ons voorgeslagte het uit verskillende lande gekom en hulle kultuur saamgebring. In Suid-Afrika is dit aangepas omdat hulle ook maar nie alles 100% kon onthou nie, verder was hier slegs Tradisionele Boeremusiek en moes van die passies dus aangepas word om by die musiek te pas. Tradisionele Boeredanse word dan in formasies aangeleer sodat almal dieselfde passies op dieselfde tyd uitvoer. Die doel is egter om dansers verskillende passies aan te leer sodat hulle dit willekeurig tydens sosiale dansgeleenthede kan gebruik. Om dit uit te dra, word vertonings gelewer waar almal dieselfde passie op dieselfde tyd uitvoer.

Tradisionele Boeredansvereniging

bottom of page