Kleredrag
Die kleredrag het van die vroegste tye ‘n definitiewe invloed op die danse, bv. Aanvanklik was die vrouens se rokke so wyd en onderrokke so gestywe of a.g.v hoepels dat die mans nie regtig naby die vrou kon kom nie. Dit het veroorsaak dat die greep wat ons ken as geslote dansgreep, waar die man die vrou naby hom vashou, bykans onmoontlik was. Hulle kon amper slegs hande vashou. Namate die hoepels en stywe, wye onderrokke verdwyn het, kon die paartjies nader aan mekaar kom en dus het die grepe ook hierby aangepas.
Elke Tradisionele Boeredansgroep besluit self oor hulle kleredrag. Dit is normaalweg driekwart tot lang redelik wye rompe en bloese en/of baadjies. Die mans dra langbroeke en partymaal onderbaadjies. Die hemde is maar die gewone wat ons vandag nog dra. Daar was egter ‘n paar jaar in die laat 1880’s wat die mans se hemde wye moue gehad het. Enkele dansers dra dit ook. Die kleure wat algemeen gebruik is, is donkerder kleure, veral meroen, bruin, groen, swart, donker blou en interessant roomkleur.
Tradisionele Boeredansvereniging