top of page

Die Organisasie

Ons organiseer plaaslik in verskillende groepe. Gewoonlik het ‘n paar vriende die behoefte om Tradisionele Boeredanse aan te leer. Hulle woon dan ‘n kursus by, oefen die danse en as daar verdere belangstelling is, stig hulle ‘n groep wat gereeld bymekaar kom.

Elke groep in die land, affilieer by die sambreelorganisasie, die Tradisionele Boeredansvereniging. Die doel van die sambreelorganisasie is om groepe formeel te koordineer, hulp en ondersteuning aan groepe en om seker te maak ons is steeds besig met Tradisionele Boeredanse. Verder moet danse gedokumenteer word om seker te maak dat dit vir die nageslag behoue bly, want soos ons uit die verlede sien, laat mense se geheue hulle tog op ‘n stadium in die steek. Terloops, ‘n dans is slegs amptelik deel van ons kultuur as dit na 25 jaar steeds gedans word. Daar is dus ‘n lang pad voor.

Die heel belangrikste is, dat ons ‘n groep mense is ‘n passie het vir ons kultuur en daarom wil ons dit baie graag met mense deel. Hopelik kan ons die passie ook in hulle wakker maak.

Boeredanse is ‘n gesinsaangeleentheid. Gesinne dans saam, beslis nie net ou mense nie. By ons bestaan nie ou mense nie, daar is dansers van 80, maar ook van 8. Ons het ook spesifiek ‘n kindergroep.

Ons bied van tyd tot tyd kursusse aan. Belangstellendes is ook welkom om in die verband te skakel.

Onbekendes is vriende wat ons nog moet leer ken, kom stel jul asseblief aan ons voor.

Tradisionele Boeredansvereniging

bottom of page